GHS Website

Go to content

Main menu

 
REGISTRASIE VAN LEERDERS - 2013

Dit is alweer daardie tyd van die jaar! Ten einde ons rekords op datum te bring, wil ons graag vriendelik versoek om die aansoekvorms te voltooi vir die registrasie van u kind(ers) vir 2013, wat volgens die Dept. van Onderwys,  jaarliks moet plaasvind. Ons vra dat u asseblief die voltooide vorms sal terugstuur skool toe, en die boekfooi van R300.00 (per kind) betaal, voor of op 12 Oktober 2012.  
Ek wil dit graag onder u aandag bring dat indien u kind(ers) se vorms en betaling nie terugbesorg  word by die die skool nie, u kind(ers) nie verseker sal wees van 'n plek in die skool vir 2013 nie.

Voorwoord - Vanuit die Hoof se Kantoor

Ons lewe vir een doel op hierdie aarde en dit is om Vader en Sy Seun Jesus Christus met behulp van die Heilige Gees in ons, te verheerlik, Sy naam groot te maak en te verkondig.  Tog bly ons so in gebreke en skiet ons so ver te kort.  My gebede vir 2012 is dat ons hierdie Godgegewe opdrag sal uitvoer, al word ons so versoek en besig gehou met onbenullighede.

Mag ons aan die einde van 2012 terugkyk en sê dit was ‘n jaar goed gelewe, want dit was ‘n jaar gelewe vir die Koning van alle konings, met al ons tekortkominge en gebreke – in onsself is ons nietig, maar in Hom is ons sterk en kan ons sterk staan.

Schoemies was nog altyd ‘n Omgee Skool.  Mag hierdie sub-leuse ook in 2012 waar wees en kenmerkend van elke Schoemie.

Mag elke Schoemie ook sy / haar absolute maksimum bereik en so Vader verheerlik.




MAURITZ DU PREEZ

ABE BAILEY TWEETALIGHEIDSTOESPRAAKKOMPETISIE
Baie geluk aan Johané le Roux by die 0\13 (links) en Yvelna Viljoen by die 0\12 (regs) wat deur is na die Provinsiale rondte vir te Klerksdorp op 18 Mei.

Wil u vir ons Epos kommunikasie-stelsel registeer?
Druk hier vir meer besonderhede

Druk hieronder vir die 2013 3de Kwartaalprogram


Druk hieronder vir die 2012 Jaarprogram


2 SCHOEMIES DEUR NA NETBAL PROVINSIALE RONDTE TE KLERKSDORP
Ses van ons leerders het gedurende April aan bogenoemde kompetisie deelgeneem en baie goed gevaar. Daar was van die leerders verwag om ‘n tweetalige toespraak van vier minute te lewer . Almal het 73% of meer vir hulle toesprake gekry. Baie geluk aan Erhardt Mostert, Danielle Leonard, Cheri Venter, Cherise Swart, Hannah Robertse en Cara Swart
 
 
Back to content | Back to main menu